AU PAIR

JOU BESTE JAAR OOIT BEGIN HIER
i

WAAR OM TE BEGIN?

Om as ‘n au pair geplaas te word, moet jy by ‘n erkende plasingsagent geregistreer wees, waar jou resumé in ‘n databasis geplaas word. Kontak ons nog vandag om te registreer. Ons het reeds baie jare se ervaring in die suksesvolle plasing van au pairs in Nederland. Nie net sal ons jou deeglik voorberei op dit wat vir jou wag nie, ons sal ook die vereistes en die prosedure goed uiteensit en seker maak dat jy ingeligte besluite neem. Ons hou kontak met jou terwyl jy daar is en maak seker dat jy verskeie ondersteuningsmiddele tot jou beskikking het. Lees ook wat die vereistes is waaraan jy moet voldoen.

;

WIE IS ONS?

NEDSA AU PAIR Suid-Afrika is saam met NEDSA AU PAIR Nederland deel van ’n organisasie wat reeds vanaf die vroeë negentigs au pairs na Nederland stuur. NEDSA word deur Joyce Del Prado in Nederland bestuur en Annelies Gibbs in SA. Joyce Del Prado is die ma van 3 kinders en saam met haar man, Xander, was hulle al ’n hele paar jaar ’n gasgesin vir Suid-Afrikaanse au pairs. Ons jarelange ervaring maak dit vir ons moontlik om jou ervaring kommervry en onvergeetlik te maak.

;

WAT IS JOU KOSTE?

Alle dokumentasie is die koste van die au pair. Nuwe wetgewing in Nederland beperk die au pair se registrasiekoste tot 34 euro. Jou paspoortkoste is ongeveer R400. Jou volledige geboortesertifikaat kos ongeveer R80. Joyce doen besprekings van die vliegtuigkaartjies. Jy is verantwoordelik vir R8000 van jou vliegtuigkaartjie. Die gasgesin betaal die res. Die terugkeerdatum moet nog een keer verander word en die koste daarvan is die van die au pair of sy of haar ouers.

;
Vandag sit ek hier met ‘n Heineken in die hand en ek sê “Proost”:
Op die Weekend-vrij ov-chipkaart wat my kilometers ver laat reis het tussen stasies van onbekende plekke in ‘n onbekende land.
Op die wag vir die Vrydagaand klok om half sewe te slaan sodat ek my avontuur (gratis) kon begin.
Op die 3€ bottel Zuid-Afrika rooiwyn wat my net so bietjie nader aan Suid-Afrika laat voel het.
Op die Heineken bier wat my soms van die week se struggles laat vergeet het.
Op die Duke wat ons met ope arms ontvang het en soms as ons sitkamer gedien het.
Op die parkies, ja die parkies wat ons malligheid, moegheid en samesein verwelkom het.
Op my fiets wat my kilometers ver gedra het en ook op die een wat “kwijt” is.
Op die bakfiets wat vir meer as net kinders bedoel is.
Op elke wandel wat kilometers se voetspore oor Europa neergelê het.
Op al die nagte wat oggende geword het.
Op elke sonsopkoms en sonsondergang.
Op die Nederlandse musiek wat oneindig baie vermaak verskaf het en hier en daar ’n goeie lewensles gegee het: “Leef, alsof het je laatste dag is. Leef, alsof de morgen niet bestaat. Leef, alsof het nooit echt af is. En leef, pak alles wat je kan.”
Op die stroopwafels, friet, appeltert, poffertjies, oliebollen, kaas en bitterballen. Oe, die bitterballen!
Op die warme sjokolade melk met slagroom wat ons deur die winters gekry het en nie vrae gevra het nie.
Op die “ijs”!
Op die mense! Die wat ek langs die pad ontmoet het en ook die wat hierdie ongelooflike reis saam met my mee gemaak het.
Op die vreemdelinge wat hartsmense geraak het.
Op elke “doei” wat nog ‘n fantastiese nag, avontuur of net koffie date afgesluit het.
Op elke “Babysit jy vanaand?”.
Op die 14:30 wekker met die liedjie Darlin van Frankie Miller wat my herinner dat ek die kids by die skool moet gaan haal.
Op elke mission om die skoonheid van Nederland te gaan bewonder.
Op die dag lange (letterlik) bus ritte wat ons oor die grense van Europe gedra het.
Op die lande wat ek gesien en beleef het: Nederland, België, Frankryk, Oostenryk, Hongarye, Slowakye, Finland, Rusland, Estland, Swede, Denemarke, Duitsland en Tsjeggië.
Op die negatiewe bankbalans wat ek dikwels behaal het.
Op die lewe van ‘n “oppas”!
Op die mense by die huis wat moes moed in praat en ondersteun asook die ure lange gesprekke oor die telefoon om die huis so bietjie nader te laat voel. En veral die occasional pakkie!
Op Leiden! Vir ’n beter stad kon ek nie gevra het nie. Jy was ’n absolute fees! Op jou floating dancefloors, op jou 3 Oktober, op soveel meer want woorde kan dit net nie beskryf nie, ’n liedjie wel: “La la la Leiden, la la la Leiden, Stad waar ik nooit meer weg wil gaan.”
Op die plek wat my tuiste was, wat ’n voorreg!
En laastens op jou Nederland wat my uitgedaag het, my laat lewe het en vir my een fantastiese, uitdagende en veral “leuke” jaar vol ongelooflike memories gegee het.

Bedankt voor het spelen Nederland! 🇳🇱

Mari Smuts

NEDSA AU PAIR

KONTAK ONS NOU

Maak nog vandag kontak met die kundige agent in jou area.

Laai die aansoekvorm hier af. Voltooi die vorm en stuur (faks of e-pos) dit terug aan ons, vergesel met jou beste kop-en-skouers foto.