Au Pairs Gesels Saam

Gereelde gesprekke oor Au Pairs vir Au Pairs
ʼn Wonderlike geleentheid

ʼn Wonderlike geleentheid

Met my onlangse 3-weke besoek aan Nederland en die bywoning van ʼn au pair-dag, het ek weer eens besef hoe gelukkig die meisies is om so ʼn geleentheid te kry om vir ʼn jaar te kan au pair. Behalwe dat hulle meteens ʼn eerste-wêreld beleef, (en nie een weet regtig wat ʼn eerste-wêreld beteken nie, want hulle is in die Nuwe SA gebore), leer hulle ook om op hulle eie twee voete te staan en selfstandig te word.

read more
Ek is nou  ʼn au pair, wat nou?

Ek is nou ʼn au pair, wat nou?

Tydens die twee keuringsonderhoude, (ja, jy het reg gelees, dit staan in die meervoud) probeer ons bepaal of jy, wat wil gaan au pair, vir ons ʼn risiko inhou. Die eerste onderhoud word gedoen deur die agent by wie jy aangemeld het, en die tweede een by enige een van die ander agente. Ons doen dit spesifiek om seker te maak dat twee mense darem ʼn idee het of die persoon voor ons, au pair-materiaal is. Dit maak ook die keuringsproses meer objektief.

read more
Is jy vir ons ’n risiko?

Is jy vir ons ’n risiko?

Tydens die twee keuringsonderhoude, (ja, jy het reg gelees, dit staan in die meervoud) probeer ons bepaal of jy, wat wil gaan au pair, vir ons ʼn risiko inhou. Die eerste onderhoud word gedoen deur die agent by wie jy aangemeld het, en die tweede een by enige een van die ander agente. Ons doen dit spesifiek om seker te maak dat twee mense darem ʼn idee het of die persoon voor ons, au pair-materiaal is. Dit maak ook die keuringsproses meer objektief.

read more
Die Au Pair in Nederland en Godsdiens

Die Au Pair in Nederland en Godsdiens

Dit is ’n baie sensitiewe onderwerp waaroor beslis gesels moet word. Die meeste van ons au pairs is nog gewoond om kerk toe te gaan en kom uit Christelike huise. Dit is baie selde dat ‘n au pair noem dat sy nie meer kerk toe gaan nie, en oor die algemeen is dit van groot belang vir au pairs om te noem dat hulle nog uit ouerhuise kom waar die Christelike waardes en norme n groot rol speel.

read more
Die Nederlanders se direktheid

Die Nederlanders se direktheid

Een van die dinge waaraan ‘n au pair gewoond moet raak, as sy Nederland toe wil gaan, is die direktheid van die Nederlanders. Daarmee bedoel ek nou dat hulle nie doekies omdraai en die heuningkwas gebruik om iets aan jou oor te dra nie – nee, hulle praat reguit en jy sal dus altyd presies weet waar jy met hulle staan.

read more
‘n Mens is nooit te oud om te leer nie…

‘n Mens is nooit te oud om te leer nie…

Jy sal nou dink ek praat nou hier met die au pairs as ek dit skryf, maar eintlik sê ek dit vir myself. Na twintig+ jaar in die Nedsa-bedryf, het ek gedink ek weet alles, het alles ervaar, noem dit en ek weet daarvan en is elkeen net n treetjie voor. O nee, ek het so pas ook weer uitgevind waarom ’n au pair huis toe moet kom.

read more
Nedsa by die see …

Nedsa by die see …

Nou ja, intussen het die Groot Trek plaasgevind, maar hierdie keer na die suide, sonder ʼn ossewa, maar wel met ʼn groot vragmotor van die verhuisingsmense. Alles het seepglad verloop, die 3 honde en kat, het die luuksheid van ʼn vliegtuigvlug gehad, terwyl ons mense dus op een dag deur die Karoo is en by ons nuwe tuiste aangekom het – ingewag deur die diere en familie.

read more
Hoofkantoor van Nedsa SA verskuif

Hoofkantoor van Nedsa SA verskuif

Daar is ‘n baie goeie rede dat ek so stil is van hierdie kant. Die laaste keer toe ek geskryf het, was daar nog nie sprake dat die huis verkoop sou word nie. Maar eweskielik gebeur alles tegelyk en toe ons nog dink ons het genoeg tyd om in te pak, hoor ons dat ons vroeër moet gaan as wat oorspronklik beplan is.

read more
Kultuurverskille tussen ons en die Nederlanders Deel 1

Kultuurverskille tussen ons en die Nederlanders Deel 1

“Ons Suid-Afrikaners is te ordentlik om eerlik te wees, en die Nederlanders is te eerlik om ordentlik te wees.” Hierin lê die meeste probleme in opgesluit en is dit iets wat elke potensiële au pair van die begin af moet besef. Die eerste waarmee rekening gehou moet word, is die direktheid van die Nederlanders. Hulle draai nie doekies om nie, en “sugar coat” niks nie. Jy gaan dus baie duidelik weet waar jy staan met hulle. Jy gaan sukkel daarmee, want soms dink ’n mens hulle is onbeskof, maar dit is beslis nie so bedoel nie.

read more
Hoe hanteer ek dit as ek nie met my Hostma oor die weg kom nie?

Hoe hanteer ek dit as ek nie met my Hostma oor die weg kom nie?

Dit is een van die dinge wat met jou as au pair kan gebeur dat jy nie met jou hostma oor die weg kom nie en dit is iets waarvan dadelik werk gemaak moet word. Normaalweg is dit maar jy wat die nodige aanpassings moet doen, en dikwels is dit ʼn groot teleurstelling, want julle het dan nou al so dikwels voor jou vertrek lekker gesels en dit het so belowend gelyk!

read more