Au Pairs Gesels Saam

Gereelde gesprekke oor Au Pairs vir Au Pairs
Wat maak ek as die kinders nie na my wil luister nie?

Wat maak ek as die kinders nie na my wil luister nie?

As jy met die idee rondloop dat die kinders dadelik na jou sal luister, maak jy ʼn groot fout. Veral as jy onseker voorkom, dan vat hulle die gaping soos ʼn wafferse vleuel in ʼn rugbywedstryd. Neem daarby in ag dat die Nederlandse kinders beslis wyser is as ons kinders en in ʼn hele ander dissiplinêre sisteem groot word as ons kinders hier. Hierdie kinders by wie jy gaan au pair, moet die keuse hê om na jou te wil luister.

read more
Gaan ek homesick word?

Gaan ek homesick word?

Ja, jy gaan, dit is iets wat geen au pair ooit ontsnap nie! Dit is ʼn gegewe en nou gaan dit afhang hoe jy dit gaan hanteer. Wat presies is homesickness? Die Engelse woord sê dit baie duidelik: Homesickness is the distress by being away from home(land), family and friends. Dit beteken dus dat jy baie na jou land, familie en selfs vriende gaan verlang. Soms dink ek dat van die au pairs meer na hulle vriende of ʼn spesiale vriend verlang as na hulle ouers!

read more
Kan ek ‘n au pair word?

Kan ek ‘n au pair word?

Dit is beslis nie elke persoon tussen die ouderdom van 18 en 30 wat ‘n au pair kan wees nie, en dit is opvallend hoeveel potensiële au pairs dit weet. ‘n Soortgelyke vraag word tydens die onderhoud gevra en normaalweg is dit die antwoord wat ons kry. Die oulikste antwoord wat ek nog gekry het, is dat ’n au pair iemand moet wees wat uit haar “comfort zone” gehaal word – en dan wil ek sommer byvoeg- aan die diepkant ingegooi word en dan is dit n geval van swem of verdrink …

read more
Wanneer word ‘n oorplasing oorweeg?

Wanneer word ‘n oorplasing oorweeg?

Soms gebeur dit dat ʼn au pair in Holland ontdek dat sy en die host ma nie oor die weg kom nie. Vanselfsprekend probeer ons verskeie metodes om hulle te laat “kliek” met mekaar. Maar as dit nou glad nie gebeur nie, kan ons ʼn oorplasing probeer. Dit wil sê ons kyk of ons haar kan oorplaas na ʼn ander gesin. Daar is egter ʼn paar voorwaardes aan verbonde en dis belangrik dat alle partye wat betrokke is, dit weet …

read more