MET RAAD & DAAD
Hoofkantoor van Nedsa SA verskuif

Annelies Gibbs, NEDSA SA
7 November 2017
[supsystic-social-sharing id='1']
Daar is ʼn baie goeie rede dat ek so stil is van hierdie kant. Die laaste keer toe ek geskryf het, was daar nog nie sprake dat die huis verkoop sou word nie. Maar ewe skielik gebeur alles tegelyk en toe ons nog dink ons het genoeg tyd om in te pak, hoor ons dat ons vroeër moet gaan as wat oorspronklik beplan is.
Nou gaan dit ʼn bietjie moeilik om regtig die tyd te vind om weer iets te skryf oor Tradisies en Spesiale vakansiedae, maar dit sal beslis nog kom.
Ek en Joyce is nou 10 jaar saam in die agentskap, en die hele tyd was die SA hoofkantoor hier in Potchefstroom. Aan die einde van November af, sal die hoofkantoor in Vermont, Hermanus wees – by die see. Dit beteken hoegenaamd nie dat enige au pair wat in my area van Noordwes, Vrystaat en Noordkaap val, afgeskeep hoef te voel nie, alles gaan voort soos voorheen en ek reël nog alles soos voorheen vir spesifiek my au pairs en al ons au pairs. Dit is mos baie maklik met epos en onderhoude kan per skype/facetime/whatsapp video call gemaak word, wat afstand kan oorbrug.
Vroeg in Januarie sal ek dus die blog hervat en ondertussen word hier ingepak vir die Groot Trek na die Suide toe. . . Julle kan my nog steeds kontak, op watter manier julle dit ook al wil doen – dalk is ek ʼn bietjie stadiger met antwoord, maar dan weet julle ten minste waaroor dit gaan. Intussen wens ek julle ʼn heerlike somervakansie toe, met ʼn wonderlike Kerstyd saam met geliefdes en ʼn pragtige en voorspoedige 2018. Vir ons Martrikulante – hoop jou uitslae beloon jou vir jou harde werk die afgelope 12 jaar.
