MET RAAD & DAAD

Kan ek ’n Au pair word?

Annelies Gibbs, NEDSA SA

20 Julie 2017

[supsystic-social-sharing id='1']

Dit is beslis nie elke persoon tussen die ouderdom van 18 en 30 wat ‘n au pair kan wees nie, en dit is opvallend hoeveel potensiële au pairs dit weet. ‘n Soortgelyke vraag word tydens die onderhoud gevra en normaalweg is dit die antwoord wat ons kry. Die oulikste antwoord wat ek nog gekry het, is dat ’n au pair iemand moet wees wat uit haar “comfort zone” gehaal word – en dan wil ek sommer byvoeg- aan die diepkant ingegooi word en dan is dit n geval van swem of verdrink.

Laat ek eerste noem: jong manne kan ook ‘n au pair wees, en ja, ons het deur die jare al heelwat gestuur en nog NOOIT was daar ‘n jongman gewees wat tou opgegooi het nie, wat nie kon aanpas nie en het almal suksesvol hul jaar klaar gemaak.  En onthou ook dat hulle presies dieselfde moet doen as ‘n jonge dame- au pair. Daar is geen verskil in die werk van ‘n manlike en vroulike au pair nie. ’n Au pair, is ‘n au pair en ‘n au pair het sekere take wat verrig moet word.

Wie is dan nou ‘n tipiese au pair? : dit moet beslis iemand wees wat van kinders hou en nie net hou nie, maar regtig liefhet, want vir ‘n jaar gaan jou lewe om hulle draai. ’n Au pair moet beslis oor die volgende eienskappe beskik:  vrolik, vriendelik, verantwoordelik, sin vir humor, eie inisiatief kan neem, hou van ‘n uitdaging, lojaal ( teenoor jou gasgesin, jouself en jou eie land), selfstandig, op jou (eie) voete kan dink ( doen jy dit nog nie, gaan jy beslis vinnig leer!), energiek wees (eintlik het jy nie ‘n keuse nie, daarvoor sal die kinders sorg!), kreatief wees, uit die boks kan dink, goed kan kommunikeer, (want kommunikasie is waarom ‘n suksesvolle jaar draai), geduldig, entoestasties, konsekwent in jou optrede teenoor elke kind, respek vir jouself en vir die gasgesin hê,  aanpasbaar wees en so kan ‘n mens aangaan en aangaan. As die lysie dus so lank word, kan ‘n mens verstaan dat elke jonge dame en man nie wil gaan au pair nie, want almal kan nie aan alle vereistes voldoen nie.

Dikwels sit ‘n jongedame voor my en dan weet ek sommer net – sy gaan ‘n oulike au pair word – sy het alles wat ek van ‘n au pair verwag! Soms kry ek ‘n bietjie van ‘n twyfel in my hart of ek die regte ding gedoen het om ‘n au pair te keur, en dan verras daardie au pair my só, dat sy beter is as die waarin ek nooit getwyfel het nie. Sommige in wie jy die volste vertroue het, laat jou dikwels onverwags in die steek.

Ondersoek dus jouself aan hierdie eienskappe en besef dat jy vir ‘n jaar van die huis gaan en die verlange gaan daar wees, niemand ontglip “homesickness” nie, maar dit gaan afhang hoe jy dit gaan hanteer.

Volgende keer meer oor “homesickness”.

 

 

Share This