MET RAAD & DAAD

՚n Mens is nooit te oud om te leer nie…

Annelies Gibbs, NEDSA SA

30 Januarie 2018

[supsystic-social-sharing id='1']

Jy sal nou dink ek praat nou hier met die au pairs as ek dit skryf, maar eintlik sê ek dit vir myself. Na twintig+ jaar in die Nedsa-bedryf, het ek gedink ek weet alles, het alles ervaar, noem dit en ek weet daarvan en is elkeen net n treetjie voor. O nee, ek het so pas ook weer uitgevind waarom ’n au pair huis toe moet kom.

As dit in jou urenbrief staan dan jy die hond vir sy stappie moet neem, is baie keer au pairs baie opgewonde daaroor en sien hulle uit daarna. Maar dit beteken verder ook dat jy verantwoordelik is om op te raap, wat Flaffie langs die pad kwyt raak! Anders trap die volgende persoon daar in en dis nie ‘n aangename ervaring nie. Neem dus maar altyd n paar plastiese sakkies saam vir ingeval so iets gaan gebeur en die kanse dat so iets gaan gebeur, is redelik groot.

In Nederland word honde van die begin af opgelei en moet altyd “aangelynd” wees as jy met hom gaan stap. Sommige restaurante laat honde toe, maar dan moet dit honde wees wat nie sit en bedel en kwyl en blaf, terwyl jy geniet wat te ete en te drinke is nie. En glo my, daar is sulke honde. Julle het seker ook al honde in die trein gesien ry – solank sy baas vir hom ‘n kaartjie koop, mag hy saamry en uit onder-vinding het ek al gesien dat Flaffie hom soms beter gedra as sy baas!

Verder het jy miskien ook al hier en daar n kennisgewing in iemand se tuin gesien: “Honden hier niet poepen” Ek het altyd gewonder of die Nederlandse honde dus kan lees, maar nee, dis vir jou bedoel wat die hond op n stappie neem. Neem dit ter harte asb, en as dit nou wel gebeur, het jy mos jou sakkie byderhand. Wees voorbereid!

Dus: vat jou sakkie saam, of andersinds, ‘n “poop scoop” en gaan stap lekker met Flaffie en die vrede is bewaar. Daar bestaan nie iets soos weier om dit te doen nie.

Nederlandse gasgesinne moet vanselfsprekend n goeie salaris verdien om n au pair te kan in huis hê en sou n mens nou hulle salarisse omsit in ons Rand, gaan ons oë seker rek! Maar hou dit vir jouself, asb! Om opmerkings daaroor te maak teen oor jou vriende en ook teenoor die gesin self, is absoluut ongehoord en onbeskof! Of iets kwyt te raak teenoor die gesin van “Wow, you are wealthy, I am a rich girl now” beteken eintlik, as dit vertaal word “stuur my asseblief terug huis toe!”

Ons lewe in tye waar ons alles op die sosiale media uitblaker. Toe ek jonk was, het ek n dagboek gehad en my grootste geheime was daarin aangeteken, en wee, die een wat durf soek na my dagboek en daarin sou lees!… Vandag word alles oop en bloot op Face boek wyd en syd verkondig vir almal om te sien. Maar dis een ding om dit met jou eie lewe te doen – foto’s plaas, ervarings deel ens, maar jy MAG NIE foto’s van die gesin en hulle kinders op die FB plaas nie. Jy sal eers toestemming moet verkry by hulle daarvoor en dit kan wees dat hulle dit nie gaan gee nie en maak daarmee vrede. Jy oortree hulle reg op privaatheid sou jy dit net doen vir almal hierdie kant om te sien hoe oulik “jou kinders” is.

As jy n gesin het met nog n kindje van so 2-3 jaar oud, is die kanse heel goed dat jy nog n vuil luier sal moet vervang en boudjies sal moet was. Dis n gegewe!! Maak jou reg daarvoor. Om te sê ek het dit nie geweet nie, is regtig dom van jou en het jy nie ondervinding van daardie ouderdom kindjie nie! Goeie voorbereiding vir eendag as jy self n ma is.

Moenie sê jy kan fietsry en dan kan jy nie. Natuurlik is dit maklik om te sê dat jy dit kan doen, maar sodra jy met die praktyk te doene kry, word die kaf van die koring geskei!! Sou n au pair tydens n onderhoud eerlik wees en sê ek kan nie fietsry nie, maar ek gaan deksels hard oefen voordat ek vertrek na Ndl, sal ons jou laat gaan – jy sal net bewys moet lewer dat jy werklik kan. Moenie sê jy is ’n nie-roker en jou FB wemel van foto’s waar jy met n sigaretjie in die hand staan of jy rook in Ndl nie! Waaroor het jy dan nog gejok! As jy oor fietsry en rook so maklik kan jok, waaroor het jy nog gejok!

Dus: ek het gedink hierdie tipe van dinge kan nie gebeur nie, en dit het en moet asb jou nie hieraan skuldig maak nie!! Die lewe kan soveel pret en plesier inhou en eenvoudig wees, as ek nie altyd hoef te onthou wat ek vir wie gejok het nie!!

Share This