MET RAAD & DAAD
Wanneer word ʼn oorplasing oorweeg?

Annelies Gibbs, NEDSA SA
11 Julie 2017
[supsystic-social-sharing id=’1′]
Soms gebeur dit dat ʼn au pair in Holland ontdek dat sy en die host ma nie oor die weg kom nie. Vanselfsprekend probeer ons verskeie metodes om hulle te laat “kliek” met mekaar. Maar as dit nou glad nie gebeur nie, kan ons ʼn oorplasing probeer. Dit wil sê ons kyk of ons haar kan oorplaas na ʼn ander gesin. Daar is egter ʼn paar voorwaardes aan verbonde en dis belangrik dat alle partye wat betrokke is, dit weet:
- Die au pair mag nie onverantwoordelik gewees het nie, dws iets gedoen het wat die kinders se lewens in gevaar stel nie. Dit moet suiwer ʼn geval wees van “ons kom nie met mekaar klaar nie”.
- Die au pair moet reeds op die naam staan van die gesin wat vir haar visum aansoek gedoen het. Dit klink vreemd, maar sy moet reeds aan die familie “behoort”, voordat ons haar kan wegvat. Sy moes dus reeds haar vergunning vir die jaar gekry het, die pasje.
- Daar moet natuurlik ook ʼn gesin beskikbaar wees na wie toe sy kan gaan en hierdie gesin moet bereid wees om haar te aanvaar en die ou gesin moet bereid wees om haar te laat oorplaas.
- Die au pair moet bewus wees daarvan dat haar omgewing gaan verander. Sy sal baie waarskynlik na ʼn ander dorp of stad toe moet gaan.
- Die aantal kinders waarna die au pair moet kyk, kan meer of minder word.
- Die au pair moet besef dat dit die laaste kans is. Hierdie tweede kans moet dus werk want daar is nie derde kanse nie.
Groetnis,
Annelies
